"Back 2 Basics" plaaskamp 1
7-11 Julie
Ouers kan hul kinders Maandag, 7Julie tussen 10:00 en 10:30 aflaai by die Lapakraal fasiliteit en weer kom haal vrydag, 11Julie om 15:00.
Elke kamp het sy eie unike program en
is dus gelee vir lede om alby kampe te kan bywoon.
Laai die onderstaande inskrywings vorms af en epos dit deur saam u bewys van betaling.
Onthou om u vrywarings vorm in te vul en saam te bring na die kamp.
Prys: R1050 vir die volle kamp. Alle aktiwiteite en etes is ingesluit.


"Back 2 Basics" plaaskamp 2
14-18 Julie
Ouers kan hul kinders Maandag, 14Julie tussen 10:00 en 10:30 aflaai by die Lapakraal fasiliteit en weer kom haal vrydag, 18Julie om 15:00.
Elke kamp het sy eie unike program en
is dus gelee vir lede om alby kampe te kan bywoon.
Laai die onderstaande inskrywings vorms af en epos dit deur saam u bewys van betaling.
Onthou om u vrywarings vorm in te vul en saam te bring na die kamp.
Prys: R1050 vir die volle kamp. Alle aktiwiteite en etes is ingesluit.
Winter Vakansiekampe 2014
Stuur u kind om die plaas lewe te kom geniet op Willem Prinsloo Landboumuseum plaas die winter vakansie. Die “Back 2 Basics” plaaskamp is verykend en vol avontuur. Die kinders leer hoe ‘n plaas funksioneer en ontdek hul leiers eienskappe deur verskeie spanbou aktiwiteite.
Kinders word in spanne ingedeel met kampbeamptes wat aangestel word om te verseker dat na elke kind se belange nagesien word en elke kind die vakansie tyd geniet.
Verblyf:
Die kinders slaap in kamers wat elk 4 stapelbeddens bevat (dus 8 per kamer). Matrasse is oorgetrek met lakens. Elke kamer het ook sy eie stort en toilet met warm water. Meisies en seuns slaap apart. Die kampbeamptes se kamers is by die kinders.
Die perseel is veilig. 24 uur sekuriteit is teenwoordig.
Vir basiese beserings is ‘n volle Eerstehulpkas byderhand. Vir meer ernstige gevalle is die plaaslike dokter slegs 10minuute se ry van die plaas en verskeie hospitale in Pretoria slegs 30-40minuute vanaf die plaas.
Etes:
Ontbyt, middagete en aandete word voorgesit in die eetsaal of in die lapa met goed gekontroleerde eetplanne. Kinders is welkom om hul eie sakgeld saam te bring vir die snoepwinkel of om iets by die Museum se plaasstal te koop.
Fotos word deur die loop van die hele kamp geneem en is beskikbaar op die facebook blad na die kamp verby is.
Besprekings vorms
Laai asseblief die volgende vorms af:
Ful vorms volledig in en stuur saam met bewys van betaling na willemprinsloo.events@gmail.com